
Hierdie volgende onderwerpe is net ‘n aantal voorbeelde wat as prikkeling of riglyn kan dien by die identifisering van ‘n onderwerp vir die Wetenskap ekspo.
Dit is regtig nie nodig dat dit noodwendig ‘n nuwe uitvindsel hoef te wees nie. (daar is wel leerders wat sulke aspirasies het ) end it I wonderlikDit is egter belangrik dat
- dit die kind se belangstelling moet wees en
- dat die leerder die wetenskaplike metode van navorsing sal volg en leer
- en dat die taak verrykend vir ouer en kind moet wees.
Moontlike Ekspo onderwerpe
Chemie
- Elemente in jou VERFBLIK.
- Natriumchloried – gevorm (hoe ek sout herwin)
- Koolstof – ‘n vriendelike atoom waaruit alle lewende dinge bestaan.
- Stikstof – 78% van die lug rondom ons.
- Helium – enigste element wat in die ruimte ontdek is voordat dit op aarde gevind is. Tweede algemeenste element in heelal en ligste na waterstof.
- Waterstof – Nommer een element – eerste een wat bestaan het.
- Jy’s ‘n ster !!! Nee regtig, jy is sterrestof…. Alle elemente kom uit die ruimte.
Honde, katte ens. Kom uit die ruimte.
Waaruit bestaan ‘n hond ?
- Silwer – pragtige blink materiaal dikwels tweede viool teen goud.
- Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wat laat glas weerkaats ? SILWER
- Goud – Baie gesog !! Hoekom? Omdat sy gloed nooit verdof nie, of omdat dit nie in lug of water verkrummel nie ?
- Die roes op ou fietse is dieselfde ysterverbinding as dié wat die grond op MARS rooi maak.
Fisika
- Hoekom hop ‘n bal, maar nie ‘n hond nie ? (warm/koud) (Elasties/nie-elasties)
- Twee soorte wrywing – glywrywing en statiese wrywing.
- Newton se heelal
- Hoe vining kan jy beweeg? Snelheid = afstand tyd. Vergelyk bewegende voorwerpe/diere/verhouding met grootte.
- Die opgewondenheid wat jy voel op ‘n tuimeltrein. G-krag. Wat is dit en wat veroorsaak dit.
- Energie – geen krag kan plaasvind sonder energie.
- Die fiets is die mees effektiefste vervoermasjien wat ooit ontdek is omdat dit energie omskakel tot beweging - hoe werk dit ? (Energieverbruik)
Ontwikkeling van fietse oor die jare
- Hoe vining kan jy val? Swaartekrag/Valskerms/Wat is ons limiet? Hoe kan ‘n mens vinniger val ?
- Hoekom sit balonne teen ‘n muur vas ?
- ‘n Spykerbed is gemaak van duisende spykers met skerp kante na bo. Hoe kry mense daarop gelê sonder om seer te kry ?
- Kan jy ‘n bal laat buig soos David Beckham? Magnus-effek.
- Hoekom het gholfballe duikies ? en meeste goed moet vaartbelyn wees.
- ‘n Klomp atome in jou liggaam was dalk voorheen deel van miljoene wesens voor jou!! (Hoe lyk ‘n atoom, hoe lank hou hy ens.)
- Die geheimsinnige krag van magnetisme. Beste magnete, hoe gemaak, gebruike waar, Mavlov, - maak iets
- Die vierde toestand van materie – PLASMA
- Die vorm van ‘n reendruppel.
- Hoekom dryf goed, loop diere op water (Balonne met lug en water)
- Hoe werk dryfsand ? (Party vloeistowwe dun en loperig, ander dik en loop stadig (vloeitraagheid)
- Hoekom blaas ‘n balon so moeilik op, maar bars so maklik.
- Lig is ‘n raaisel, bestaan uit golwe wat kleur veroorsaak of onsigbaar is.
- Is daar ‘n reenboog in elke borrel ?
- Kan ons teen die spoed van lig beweeg? Wie kan ?
- Hoekom is lug blou, wolke wit, sonsondergang rooi en die see blou?
- Hoekom is die meeste gasse onsigbaar? Funksies van verskillende gasse.
Dierkunde
- Kril – die mees suksesvolste spesie op aarde – Blouwalvis 10 miljard keer groter en eet daagliks 2,5 ton daarvan.
- Hoekom loop krappe sywaarts ?
- Die verband tussen ‘n slakke en ‘n seekat.
- Skeepswurms is nie wurms nie.
- Pelspatrone van diere- help met kamoeflering.
- Vroulike soogdiere skei melk af en soog hul kleintjies.
- Duiwe – hoe vind hulle hulle pad terug ?
- Swaeltjies – hoe werk migrasie , terug na dieselfde plek ?/ ander diere
- Voeding van diere.
- Miskruier – misbol word altyd in reguit lyn gerol. Son/maan. Bou van diertjie ?
- Buideldiere baar onontwikkelde diere wat in die ma se buidel groei-vergelyk met soogdiere ?
- Verskil tussen eierlêende diere en eierlewendbarende diere (tyd van uitbroei, ouersorg ens)
- Die Dajak-vrugtevlermuis uit Suidoos-Asië is die enigste manlike soogdier wat die melk afskei om hul kleintjies voed.
- Geraamtes in die kas (Vergelyking tussen mense, diere – verskillende groepe diere)
- Kommunikasie mense/diere
- Goggas op die spyskaart
- Goggarekords
- Grillerige en gevaarlike goggas (flieks)/ gevaarlikste gogga in Afrika
- Monddele van insekte – vergelyking
- Motte, skoenlappers en naaldekokers – verskillendes, kleure ens
- Gloeiende goggas
- ‘n Miernes van bedrywighede
- Goggahuise.Groot verskeidenheid.
- Sensoriese waarnemings van diere – onder die see (barbers, haaie ens) en in die lug. Vlermuise.
- Alsiende oë van diere. Verskillende soorte, groottes, sterktes ens
- ‘n Luiperd se stert en ander diere se wit vlag !
- Pretfeite oor tande – wie het nou tande nodig “
- Hoe om ‘n vlieg te vang.
- Koraalriwwe Diere/plante/minerale ? Waar en funksie?
- Party Dinosaurusse het kamme gehad. (Funksie, rede, watter)
- Kon Dinosaurusse vlieg ? Swem ?
- Dinosaurus beteken vreesaanjaende akkedis.
- Dinosaurusse het klippe gevreet.
- Dinosaurusse tande. Het almal?
- Verdedigingsmeganismes van dinosaurusse.
- T-rex regtig die koning van reptiele.
- Grootste dinosaurusse vs grootste diere vandag.
- So skaars soos hoendertande.
- Wat moet ‘n arme insek doen om nie opgevreet te word nie. Kripsis / Nie rerig kamoeflering.? Verskil
- Is ‘n sywurm ‘n wurm ?
- Goggas haal deur hul voete asem. Rerig? Hoe haal hul asem ? Uitbrei na allerhande klasse se asemhalingsmetodes.
- Hoe groen is jy ? Hoe raak jy groener?
- Hoekom is ‘n stopstraat of robot rooi ? Beteken gevaar !!!!
- Gevaarlikste soogdiere – mense sterftes
- Soogdiere in gevaar – bedreig en red ek en jy
- Vyf bedreigde SA soogdiere : oewerkonyn, swartrenoster, gouemolle, witstertmuis
- Zebras se strepe ? Verskil / dieselfde
- Bestaan daar diere soos- bok met slurp, hondefamilie wat miaau, pienk dolfyne
- Huis, paleis, pondok – waar bly soogdiere
- Hoe sou jy in die oertyd oorleef?
- Warmbloedig / koudbloedig – verskil in voortplanting, sewe lewensprosesse
- Waarom het voëls vere ?
- Daar is vyf massa – uitwissingsing van aarde se geskiedenis (laaste keer 65 miljoen jaar gelede – Dinosaurusse) Die sesde vind nou weens mense plaas.
Mens Medies
- Die oorlog in jou. (kieme)
- Goeie en slegte parasiete.
- Vooruitgang op mediese gebied (Toekomsvoorspellers dink dat dokters en wetenskaplikes superliggame sal kan maak wat sterker en slimmer is)
- Ruk en plukkers – of jy agter ‘n bal aanhardloop, brief skryf, stilstaan, jou hart klop of jou oog knip – jou skelet se spiere werk altyd.
- Akupunktuur – steriele naalde om energievelde te beïnvloed.
- Baie ander vorme van konvensionele medisyne en behandelings – aromaterapie, refleksiologie.
- Bakteriee is nie altyd sleg nie.
- Hoekom is bloed rooi ? Hoe beweeg deur liggaam, hoekom stol dit, hoeveel ?
- Hoekom bestaan bene eeue voort nadat iemand dood is? Fossiele
- Spiere –soorte/ jou sterkste/ swakste/ grootste/ kleinste/hoeveel
- Brein – hoe werk hy ? Boodskappe – senuwees / rugmurg
- Tandpyn !!! Eina
- Wat gebeur met jou kos vanaf jy dit sluk.
- Hare en naels. Hoe vining groei dit ? Kleure/ Reguit/ Krulle Hoekom kry jy nie seer as jou hare of naels geknip word nie?
- Hoe werk jou oë ? Pupille groot of klein
- Kleur van oë / kleurblindheid/ help wortels/ trane ?
- Lekker kos ruik – mond water.
- Hoendervleis vs sweet
- Bloukolle op vel
- Hoe voorkom ek plooie ? Ouderdom
Plante
- Hoe lank leef ‘n boom ? Langer as mense.
- Bewaar ons bome. Hoekom? Watter ?
- Saad en spoorproduserende bome verskil van mekaar.
- Nie alle plante het blomme nie.
- Plante met blomme is tot groter voordeel vir die omgewing as plante wat nie blomme dra nie.
- Die oorlewing van plante in hul omgewings.
- Verskillende soorte blare – enkelvoudig /saamgesteld. Blaarvorme. Versamel
- Verkleuring van blare – herfs – hoekom, wat gebeur ?
- Koffieboon ? Medium/Sterk Hoe werk roostering ? Pad van koffie. Goed/sleg Maak eie verskillende soorte koffie !!
- Waar kan jy piramides, palmbome en pikkewyne kry ?
- Hoe groei sampioene so vining ? So baie soorte. Hier in Moreletta spruit.
- Sterkste woude/ Waar?/ Name? Hoekom? Hoe ontstaan dit? Eksperiment
Geografie en ruimte
- Omstandighede van reddingswerkers (2 been en 4 been) tydens rampe.
Brandbestryders/watergevare / spesiale klere / chemiese gevare ens
- Klimaatsverandering – skokfeite / oplossings
- Gevare uit ruimte – niemand weet hoe dinosaurusse uitgesterf het nie, dalk iets uit buiteruim
- Vredefortkoepel
- Soutvlamme
- Asteroïede / Meteoriete
- Bestralings deur reuse supernovas
- Reuse ( oudtydse mites, sprokies, planete)
- Sneeuballe in die ruimte- Komete wat is dit ? Bekendes wanneer verskyn / hoe gevorm / geskiedenis
- Hoe ontstaan sterre ? Warmste / koudste / bekendstes / leeftyd
- Pendeltuie ruimte toe!! Soos vuurpyl / sweeftuig / Hoe werk dit / Bekendes / Deur wie?
- Ruimtevaarders? Ruimtepakke / hoekom / eienskappe / ruimtestasies
- Robotte in die ruimte!!! Ontwerp jou eie robot met al die eienskappe vir spesifieke funksies.
- Hittegolwe (Wat is dit/wanneer / gevare / oorsake / oorleef / dodelikste ooit}
- Droogtes (wanneer / gevolge – Dust Bowl)
- Tornados- in Suidelike halfrond draai ‘n tornado kloksgewys om sy middelpunt en noordelike anders om.
- Vroeër jare het tropiese siklone slegs vrouename gehad. Diskriminasie – nou ook mansname.
- Weergesegdes; Helder maan, ryp kom aan’n Weerhaan wat op die toring staan / Weerhuis / Hoe warm of koud.
- Resep vir hael en donderweer wat donderstorms veroorsaak. (Swaarste haelkorrel ooit – 1,02kg?)
- Tragiese dag in Suid Afrikaanse geskiedenis – Laingsburgvloed.
- Skrikwekkende tsunami’s !!
- As die aarde skud !!
- Kunsmatige eilande.
- Kan die Amazone ooit eendag opdroog ?
- Ysberge vs woestyne
- Watter vlag wapper die hoogste ? Lande se vlae. Simbool van ? Betekenis
- Kanale wat seë verbind.
- Waar kom die maan vandaan en hoe lyk dit daar ?
- Hoeveel mense was al op die maan?
- Die Rooi Planeet !! Mense ??
- Komeet / verskietende ster / asteroïede
- Die grootste ster!!
- In watter rigting draai planete ? Venus?
- Verskynsels op planete.
- Hoe sal ‘n ruimtewese lyk ? Bou model, gee redes hoekom vir oorlewing
- Teleskope ( ontwikkeling ) verskillende soorte / bou jou eie
Tegnologie en geskiedenis
- Hoe meet ons tyd ? Tydsones oor wêreld.
- Hoe berg rekenaars inligting. Ontwikkeling oor tye.
- Skryf eie program of ontwikkel toep.
- Waar is die internet ? Oral.
- Wolkekrabber ?
- Die dikte van voertuie se bande.
- Lewensskudder – eerste Fietse
- Flieks en televisie
- Van grammofoon tot …….musiek !!
- Wysers van tyd.
- Hoe kan ons alles groter maak – teleskope, brille,mikroskope.
- Vervloeë dae van boerdery. Ploeë tot snydorsmasjien.
- “Maglevs”Treine op magnetiese spoorlyne.
- Kan ek, behalwe in ‘n vliegtuig bokant ‘n wolk ry ?
- Joseph Nicephore het in 1856 die eerste fotos geneem.
- Die eerste yskaste is in 1805 uitgevind, maar dit was gevaarlik om te gebruik.
- Die eerste tandeborsels is uit diergebeentes gemaak. Van wanneer af borsel mense al tande ?
- Teddiebere: 1903 is in VSA na Theodore Rooseveldt vernoem. Bynaam “Teddy” Gewildste speelding ooit / kostes ens.
- Watter trein op aarde is die vinnigste ?
- Helikopters !! Wie, waar en hoekom.
- Wat is geld ? Geldeenhede van wêreld, hoe werk dit ?
- Pappa kan mos net pa se kaart gebruik. Waar kom dit vandaan ?
- Verskillende wette in die wêreld. Hoe werk dit, hoe ontstaan dit, wat is die straf daarvoor ?
- Hoe weet musikante watter note om te speel ? Komponiste.
- Orkeste, waaruit bestaan ‘n orkes?
- Wie was die eerste olimpiese kampioen ? Waar het olimpiese spele ontstaan? Geskiedenis en ontwikkeling.
- Wie of wat is ‘n VIKING?
- Die Renaissance tydperk
- Die era van ontdekking.
Gebruik hierdie regtig as motivering, stimulering of prikkeling van verbeelding en kies saam met jou kind ‘n onderwerp waarin hy/sy belangstel en uit kan leer. Ek hoop regtig dat daar tusssen bogenoemde iets sal wees wat in jul smaak sal val.
WETENSKAP EKSPO
Hierdie is ‘n voorbeeld van die navorsingsplan wat as riglyn gebruik kan word en ingehandig moet word as deel van die ekspo opdrag :
NAVORSINGSPLAN
Die plan wys wat jy beplan om te doen en moet dus in die toekomstige tyd geskryf word. Maak seker dat jou projek voldoen aan die etiese reëls.
Dit kan in jou eie handskrif geskryf word of netjies getik word. Dit moet die volgende formaat hê. Baie kortliks, sonder detail.
Naam : …………………………………………………………… GR .......
- Die vraag of probleem wat behandel word.
‘n Inleidende stelling wat die probleem wat ondersoek word aanspreek en die rede vir die ondersoek van die onderwerp verduidelik. Verwys ook na die agtergrondinligting.
- Hipotese
- Beskrywing van die metodes en prosedures wat gevolg gaan word om ‘n oplossing te bied vir die probleem of stelling.
- Metode: alle prosedures en eksperimente wat gebruik gaan word om die data te verwerk
- VERANDERLIKES :
Afhanklike veranderlike - die veranderlike wat deur die ondersoeker waargeneem word
Vaste veranderlike – dit moet konstant bly anders sal die resultaat daardeur beïnvloed word
- Data analisering
- Bronnelys ( ten minste 3 bronne )
NS. Hierdie moet reeds op Vrydag 14 Februarie by hul NW en NW/Teg onderwysers ingehandig word.